Richard II | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Portret in Westminster-abdy, middel 1390's.
| |
Huis | Angevyne |
Regeer | 22 Junie 1377 – 30 September 1399 |
Voorganger | Eduard III |
Opvolger | Hendrik IV |
Eggenote | Anna van Boheme Isabella van Valois |
Gebore | 6 Januarie 1367 |
Oorlede | c. 14 Februarie 1400 |
Vader | Eduard die Swart Prins |
Moeder | Johanna van Kent |
Regent | O.a. Jan van Gent |
Handtekening |
Richard II (6 Januarie 1367 – c. 14 Februarie 1400) was van 1377 tot met sy afsetting in 1399 koning van Engeland. Hy was die laaste koning van die Huis van Anjou. Hy was die seun van Eduard die Swart Prins en is gebore tydens die bewind van sy oupa, Eduard III. Op vierjarige ouderdom het hy die tweede aanspraakmaker op die troon geword ná die dood van sy ouer broer, Eduard van Angoulême. Met sy pa se dood in 1376 het hy die troonopvolger geword. Toe Eduard III die volgende jaar sterf, het Richard op tienjarige ouderdom koning geword.
Sy regente was sy ooms, Edmund, die Hertog van York, Thomas, die Hertog van Gloucester en Jan van Gent, die Hertog van Lancaster.